Zim-man dagvaar oor seun wat vlug geweier word

‘n Zimbabwiese pa, Tendai Sibanda, eis meer as 3 miljoen Namibiese dollar in skadevergoeding nadat Ethiopian Airlines sy minderjarige seun gekeer het om op ‘n vlug van Johannesburg na Egipte te klim, waar hy veronderstel was om deel te neem aan die Africa Junior Champions tennis-kompetisie. Die redery sê die 17-jarige Mengezi Sibanda se visum was vals. Sibanda senior sê sy kind se tennisloopbaan is daarmee gekelder. Hy beweer sy seun is die vlug verbied sonder dat daar in verbinding met Egiptiese owerhede getree is om te verifieer dat die visum wel vals was.