Porthen voer die o.20 Bokke aan

Zachary Porthen sal môre in Queensland, Australiё die Junior Springbokke aanvoer in die openingswedstryd van die Onder.20 Rugbykampioenskap teen Nieu-Seeland. Die voormalige kaptein van die SA Skole is een van net ‘n paar spelers wat ook deelgeneem het aan verlede jaar se Wêreldrugby o.20-kampioenskap in Kaapstad, toe die Junior Bokke derde geёindig het. Die ander is Asad Moos, Jurenzo Julius en Litelihle Bester. JF van Heerden is een van die plaasvervangers en sal van die bank af sy staal wys.