Philippe se hulp oor G7 diamant-reëls gevra

President Nangolo Mbumba het koning Philippe van België gevra om beperkings op diamantverkope, wat deur die G7-lande opgelê is, aan te spreek. Alle produsente moet diamante eers na België stuur vir sertifisering om naspeurbaarheid af te dwing en Russiese diamante in die mark te verhoed. Mbumba sê die besluit hou ‘n ernstige risiko en bedreiging vir die Angolese, Botswana en Namibiese ekonomieë in. Hy het die koning gevra vir ‘n dringende dialoog. Koning Philippe is in Namibië op ‘n staatsbesoek van vyf dae.