Ministerie sal moet sê oor vermorsing – Kandjeke

Die geslagsgelykheid-ministerie het 328 900 Namibiese dollar betaal vir ‘n pakhuis wat 11 maande lank leeggestaan het. Dit is volgens ‘n ouditverslag deur die ouditeur-generaal, Junias Kandjeke, vir die boekjaar wat op 31 Maart geëindig het. Die pakhuis is in Prosperita, Windhoek. Kosmos 94.1 Nuus het met Kandjeke gesels, wat ‘n uiteensetting gee oor die volgende stappe wat geneem sal word. Die ministerie sal in die volgende boekjaar rekenskap moet doen oor of die geld verhaal is.