EU sal optree as Brexit-reëls gebreek word

Politieke groeperings van die Europese Parlement is ten gunste van die ooreenkoms wat die reëls vir die toekomstige verhouding tussen die Europese Unie en die Verenigde Koninkryk bepaal. Die EU en Britse onderhandelaars het in Desember verlede jaar ingestem tot die Handels- en Samewerkingsooreenkoms wat die voorwaardes vir toekomstige samewerking neerlê. Ursula von der Leyen van die Europese Kommissie het aan die Britse Eerste Minister, Boris Johnson, gesê die EU sal nie huiwer om teen Brittanje op te tree as hy die voorwaardes van die Brexit-handelsooreeenkoms verbreek nie: