Zim wil 500 olifante jag om geld in te samel

Zimbabwe se Nasionale Parke-bestuursagentskap het begin met die verkoop van jagregte vir tot 500 olifante van vandeesmaand tot Oktober om geld in te samel. Die agentskap sê die reg om ‘n enkele olifant te jag kan 143 000 Namibiese dollerd inbring. Hy sê daar is ook voordele vir die ekonomie wanneer jagters in plattelandse gebiede geld bestee op meegaande dienste soos gidse en verblyf. Bewaringsgroepe het hulle kommer uitgespreek, want die Internasionale Unie vir Natuurbewaring het onlangs die savanna-olifant as bedreig verklaar.