EU moet meer doen oor digitale oorgang

Die Europese Unie moet baie meer doen om sy ekonomieë en gemeenskappe te help met hulle digitale oorgang. Dit is die mening van die uitvoerende adjunk-president van die Europese Kommissie, Valdis Dombrovskis. Hy sê die Covid-19-pandemie het die digitale oorgang versnel want meer mense gebruik digitale tegnologie in hulle daaglikse aktiwiteite. Dombrovskis het by die Tallinn Digitale Spitsberaad in Estland gepraat. Hy sê die EU het die groen en digitale oorgang ‘n prioriteit gemaak om ekonomiese herstel ‘n hupstoot te gee: