EU keer samesmelting van skeepsbouers, Hyundai en Daewoo

Die Europese Unie het die samesmelting tussen die Suid-Koreaanse skeepsbouers Hyundai en Daewoo, gekeer. Die unie sê ‘n verbintenis tussen twee van die wêreld se grootste rolspelers in die bedryf sou die gekombineerde maatskappy in staat gestel het om ‘n wurggreep uit te oefen op die produksie van tenkskepe vir vloeibare natuurlike-gas. Internasionale nuusagentskappe berig die EU Kompetisie-kommissaris, Margrethe Vestager, sê die samesmelting sou gelei het tot minder verskaffers en hoër pryse vir groot vaartuie wat vloeibare natuurlike gas vervoer.