Ovaherero Volkmoordstigting sal nie halfgebakte ooreenkoms aanvaar nie

Die Ovaherero Volksmoordstigting sê Ovaherero- en Nama-gemeenskappe sal weer soos in die verlede veg vir wat hulle toekom. Die was die mening van verskeie sprekers tydens ‘n openbare praatjie oor die herdenking van die volksmoord wat op 12 Januarie 1904 begin het. Die stigting se voorsitter, Nandiuasora Mazeingo, sê geraakte gemeenskappe sal nie gedruk word om ‘n halfgebakte ooreenkoms tussen Duitsland en die Namibiese regering te aanvaar nie.