Netwerk Namibië kondig Dankie Meneer/Juffrou-wenners aan

Netwerk Namibië het onlangs ‘n kompetisie, Dankie Meneer/Juffrou, aangebied om dankie te sê aan onderwysers wat ‘n positiewe invloed op leerders se lewens het. Een van die wenners is juffrou Sariekie Rentel van Grootfontein wat genomineer is deur Elvira Hattingh. Die tweede wenner is meneer Colin de la Harpe van De Duine Sekondêre Skool op Walvisbaai, wat genomineer is deur Allistaire van der Merwe. Elizma Theron, Netwerk Namibië se bestuurder het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.