EU glo nie Rusland se redes vir verminderde gas nie

Rusland se staatsbeheerde energiemaatskappy, Gazprom, sê hy verminder die vloei van natuurlike gas deur ‘n pyplyn na Europa tot 20 persent van sy kapasiteit. Die maatskappy het ook ‘n ander turbine in die Nord Stream 1-pyplyn gesluit blykbaar as gevolg van instandhoudings werk wat die Europeërs meen is snert. Die Kremlin hou vol hy is ‘n betroubare energie-vennoot, en pak die skuld vir die onlangse onderbreking van gas aan die Europese Unie op Westerse sanksies. Die Europese Kommissie waarsku lande om gasgebruik oor die volgende sewe maande met 15 persent te verlaag nadat Rusland gesê het hy kan die gasvoorsiening inperk of heeltemal ophou om dit te lewer.