NamRA skenk sanitêre doekies

Die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, het sanitêre doekies aan die goewerneur van die Kavango-Oos-streek, Bonifatius Wakudumo, vir sy inisiatief om jong meisies in kwesbare gemeenskappe in die streek te ondersteun. Meisies is afwesig van skool of werk, omdat hulle nie sanitêre doekies, pynstillers of skoon onderklere kan bekostig nie. Tonateni Shidhudhu, strategiese kommunikasie-bestuurder van NamRa, sê die goewerneur se inligting oor die uitdagings van meisies, het hul harte aangeraak.