Cyril se energieplan verwelkom

The Green Connection in die buurland verwelkom die energieplan wat President Cyril Ramaphosa aangekondig het. Die plan berus op die herstel van Eskom se bestaande opwekkingsvermoë om op die kort termyn aan behoeftes te voldoen, en om die elektrisiteitsektor oop te stel vir onafhanklike kragverskaffers. The Green Connection se woordvoerder, Neville van Rooy, sê dis nie nodig om wette te verander om die energiekrisis op te los nie. Al wat nodig is, is dat bestaande wette behoorlik toegepas word: