EU aangemoedig om verpligte inenting te oorweeg

Die Europese Kommissie se president, Ursula von der Leyen, doen ‘n beroep op die 27 lidlande van die Europese Unie om verpligte inenting te oorweeg. Daar is altesaam 59 geïdentifiseerde gevalle van die nuwe Covid-19 Omikron-variant in die EU. Von der Leyen sê volle inenting en versterkingsdosisse bied die beste beskerming, aangesien daar weer ‘n skerp styging in die Delta-variant in Europa is, en ook die bedreiging van die Omikron-variant.