Blitsbokke speel teen dieselfde teenstanders as verlede week

Rugby: Die Springbok-sewes kom teen dieselfde teenstanders as verlede week te staan in die naweek se Wêreldreeks-toernooi wat ook in Dubai gespeel word. Hulle speel teen Ierland, Japan en Groot-Brittanje in môre se groepwedstryde, nadat hulle verlede naweek die titel in ‘n kliniese vertoning verower het. Die nuweling Tiaan Pretorius sê hy het sy eerste toernooi baie geniet en hoop hy kry die naweek weer speelkans.