Emirates hervat vlugte na SA, maar nie vanaf Johannesburg

Die Dubaise lugredery Emirates sê hulle sal hierdie maand vier keer per week passasiersvlugte na Johannesburg bedryf, maar nie passasiers wat uit die stad vertrek, vervoer nie. Die redery het vroeër vlugte na en van Suid-Afrika opgeskort weens die Omikron Covid-19-variant. Emirates het passasiersbedrywighede na en van Durban en Kaapstad tydelik opgeskort. Hy sê in ‘n verklaring passasiers kan hul kaartjies hou totdat vlugte hervat word.