Eskom verlaag beurtkrag na fase 3

Eskom het aangekondig dat beurtkrag vroeg môre tot fase 3 verlaag sal word weens ‘n mate van herstel in opwekkingsvermoë oor die afgelope 48 uur. Fase 3 sal om vyf-uur môreoggend tot vier-uur die middag ingestel word, en daarna sal fase 4 hervat. Volgens die woordvoerder, Daphne Mokwena, sal dit na verwagting tot verdere kennisgewing voortduur.