Alweendo gaan ondersoek instel oor Chinese litium-myn

Die Namibiese ministerie van myne en energie het sy reaksie gegee oor berigte dat die gemeenskappe in die Daures-kiesafdeling meen die Chinese XingFeng-myn, wat litium in die gebied ontgin, onwettig is. Die groep het opgeruk en ‘n versoekskrif aan die minister Tom Alweendo, en die Tsiseb-bewaringsgebied gerig en eis dat alle aktiwiteite onmiddellik gestaak word. Die maatskappy word daarvan beskuldig dat hy nie die korrekte prosedures gevolg het nie en dat hy nie ‘n omgewings-impakstudie uitgevoer het nie. Andreas Simon, die woordvoerder van die ministerie het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat minister Alweendo ‘n vergadering met gemeenskapslede op 24 Maart op Uis sal hou en self ondersoek sal instel.