Eskom verhoog beurtkrag na fase 4

Eskom het aangekondig beurtkrag is vanmiddag 2 uur verhoog van fase 2 na fase 4. Dit sal voortduur tot môreoggend 5 uur, waarna fase 2 sal voortgaan tot Maandagoggend 5 uur. Eskom skryf dit toe aan drie opwekkingseenhede van die Kendal-kragstasie wat buite werking is, ‘n eenheid by Tutuka en by Matimba wat afgeskakel het, en die vertraagde terugkeer van ‘n eenheid by Majuba en by Lethabo. Die kragvoorsiener herinner verbruikers beurtkrag word aangewend as ‘n laaste uitweg om die stelsel bestendig te hou.