Swartpette klop die Eagles by T20


Nieu-Seeland het Namibië met 52 lopies geklop in hulle T20-Wêreldbekerwedstryd in Sharjah. Die Swartpette het 163 vir vier aangeteken in hulle 20 boulbeurte, met Glenn Phillips se onoorwonne 39 die hoogste telling. James Neesham het 35 bygedra. Bernard Scholtz, David Wiese en kaptein Gerhard Erasmus het elk ‘n paaltjie geneem en ‘n ander kolwer is uitgeloop. Die Eagles is daarna beperk tot 111 vir sewe toe Michael van Lingen die hoogste telling van 25 bygedra het. Indië en Skotland speel in Dubai teen mekaar in vandag se tweede wedstryd.