Hofstryd oor reg om eiendom met geweld in besit te neem, duur voort

Die Wes-Kaapse regering word vandag in die hooggeregshof verteenwoordig in ‘n stryd om die reg tot teen-spoliasie sodat grondeienaars op ‘n wettige manier grond wat onwettig beset word, kan terugkry. Dit gee ‘n persoon die reg om sy eiendom wat onwettig van hom weggevat is, met geweld terug te neem. Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie en die EFF staan dit teen. Die LUR van menslike nedersettings, Tertius Simmers, sê die reg op teen-spoliasie is ‘n grondwetlike hulpmiddel vir grondeienaars.