Eskom stel werk aan Koeberg uit om kragonderbrekings in winter te vermy

Eskom het aangekondig hy gaan nie vanjaar soos beplan die stoomopwekkers by eenheid 2 van die Koeberg-kernkragstasie vervang nie. Dit volg op vrese die eenheid kan moontlik bydra tot kragonderbrekings in die winter. Die kern-eenheid is op 18 Januarie afgeskakel vir ‘n gereelde brandstof-hervulling- en instandhoudings-onderbreking. Die hoof-bedryfsbestuurder, Jan Oberholzer, het vroeër gesê die kragvoorsiener het ‘n finale oorsig gedoen om te verseker die werk om die stoomopwekkers te vervang sal teen die verwagte gehaltevlakke voltooi word.