Krieketwêreld geskok oor Shane Warne se dood

Krieket: Die krieketwêreld is tot in sy wese geskok oor die nuus dat die gewese Australiese voorslag-draaibouler Shane Warne dood is. Hy was maar net 52. Sy bestuur het in ‘n verklaring bevestig Warne het in ‘n villa op Koh Samui in Thailand vermoedelik aan ‘n hartaanval gesterf. Hy het kommentator geword na ‘n uiters suksesvolle loopbaan as speler. Hy het sy toetsdebuut in 1992 gemaak en 708 paaltjies geneem voor sy uittrede in 2007. Warne het ook 293 eendag-internasionale paaltjies laat kantel en sy land gehelp om die Wêreldbeker te wen. Hy het net verlede week belangstelling geopper om Engeland af te rig.