AfriForum veroordeel nuwe sensuur-wet

AfriForum sê die regering se pogings om ‘n nuwe sensuur-wet deur te druk, is onaanvaarbaar. Volgens die burgerregte-organisasie gee die konsep-klassifikasie-riglyne buitensporige magte aan die Rolprent- en Publikasieraad. Jacques Broodryk van AfriForum sê die konsep-riglyne sal die raad oorlaai met bykomende regulatoriese en oorsig-verantwoordelikhede.