Eskom skort beurtkrag op

Eskom het aangekondig beurtkrag is van 12-uur vanmiddag opgehef ná die opwekkingsvermoë voldoende herstel het. Die kragnutsmaatskappy waarsku die begin van die winter sal tot ‘n groter vraag lei en dit kan die stelsel deur die seisoen belemmer. Die woordvoerder van Eskom, Sikonathi Mantshantsha, doen ‘n beroep op alle Suid-Afrikaners om krag steeds spaarsamig te gebruik.