Keniaanse Moslem-geestelike weier om tronk te verlaat ná hy vrygespreek is

‘n Moslem-geestelike in Kenia het ‘n hof versoek om hom nie uit die tronk vry te laat nie ondanks die feit dat hy vrygespreek is op aanklagte van terreur. Guyo Gorsa Buru sê hy vrees hy gaan ontvoer en deur staatsagente doodgemaak word as hy vrygelaat word. Dit het na bewering met ander terreurverdagtes gebeur. Buru is in 2018 in hegtenis geneem en aangekla vir die besit van materiaal wat ‘n terreurgroep bevorder en vir sameswering met die al-Shabaab-militante groep in Somalië. Die hof het hom toegelaat om vir 30 dae in aanhouding te bly.