Tsumkwe-jeug kry opleiding in pluimveeboerdery

Die Voedsel- en Landbou-organisasie van die Verenigde Nasies het ‘n tweedaagse opleidingswerkswinkel oor pluimveeproduksie aan ‘n groep van tien jeugdiges in Tsumkwe gefasiliteer. Die opleiding vorm deel van die tegniese bystand van die organisasie, wat die voorsiening van ‘n funksionele pluimveestruktuur, pluimveevoer, entstowwe en byna 100 Lohmann Brown-lêhoenders insluit. Ingrid Kavari, ‘n kleinskaalse pluimveeboer van Omaheke-streek wat die opleiding gelei het, het die groep deur ‘n intense kursus oor pluimveeboerdery geneem, wat sleutelaspekte dek soos eierproduksie, vleisproduksie, bio-sekuriteit, pluimveegesondheid en siektes, voerproduksie, kompos, en bemarking en verwerking. Sowat 60 persent van landelike vroue maak ‘n lewensbestaan uit pluimveeboerdery.