Eskom se beurtkrag kos SA daagliks miljoene rand

Eskom se beurtkrag-onderbrekings kos Suid-Afrika elke dag miljoene rand. Dit is die mening van die IVP-parlementslid, Mkhuleko Hlengwa, wat glo Eskom is verantwoordelik vir die verkrummeling van die land se ekonomie. Hy doen ‘n beroep op parlementslede om te midde van beurtkrag oor die toestand van die kragvoorsiener te debatteer.