WGO skat wêreldwyd is 15 miljoen mense dood weens Covid-19

Die Wêreldgesondheids-organisasie beraam daar is wêreldwyd ongeveer 15 miljoen mense dood weens Covid-19. Die organisasie sê hoewel slegs 5,4 miljoen sterftes aangemeld is, kan dit toegeskryf word aan die feit dat baie lande te min sterftes getel het. Indië is verantwoordelik vir 4,7 miljoen sterftes, byna ‘n derde van die internasionale syfer, hoewel die land slegs ‘n tiende van die syfer aangeteken het. Die WGO sê die 15 miljoen verteenwoordig ‘n toename van 13 persent in gewone sterftes wat oor ‘n tydperk van twee jaar verwag is.