Namibiese ekonomiese kenner reageer op SA se paniekaankope van kookolie

‘n Namibiese ekonomiese kenner het gereageer op Suid-Afrikaanse verbruikers wat gemaan is om nie paniekerig te raak oor die aankoop van kookolie nie, nadat kleinhandelaars perke op aankope geplaas het. Supermarkte het die prys van kookolie verhoog weens die uitwerking van die Russiese inval in Oekraïne. Die kommersiële direkteur van Southern Oil, Morné Botes, sê internasionale gedrag het ook die vraag na sonneblomolie beïnvloed, aangesien Indonesië alle palm-uitvoere verbied het. Volgens Botes sal daar genoeg voorraad wees indien verbruikers nie paniekerig koop nie. Omu Kakujaha-Matundu van die departement ekonomie aan die Universiteit van Namibië, deel sy mening met Kosmos 94.1 Nuus of Namibiërs ook paniekerig kookolie aankoop.