Eskom kry hofbevel oor onwettige staking

Eskom het ‘n hofbevel bekom om die onwettige staking by verskeie van sy kragstasies te stop. Die versetoptrede het daartoe gelei dat fase vier-beurtkrag ingestel moes word. Die bedryfshoof, Jan Oberholzer, het op ‘n nuuskonferensie gesê enige werker wat deelneem aan die onbeskermde staking staar dissiplinêre stappe in die gesig wat waarskynlik tot afdanking sal lei. Die staking het begin nadat Eskom en vakbonde Dinsdag ‘n dooiepunt bereik het tydens loononderhandelings. Die kragvoorsiener het sedertdien ‘n dispuut verklaar by die Kommissie van Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie.