Politieke kenner sê oorlog gaan nog lank duur

Oekraïnse troepe is opdrag gegee om uit die stad Sievierodonetsk te onttrek ná weke van intense bom-aanvalle en skermutselings. Intussen is die Russiese amptenaar, Dmitry Savluchenko van in die beheerde Cherson-streek in die Oekraïne, na bewering in ‘n sluipmoordaanval dood. Volgens Russiese nuusagentskappe het ‘n motor ontplof toe Savluchenko daarin geklim het. Die VSA gaan ‘n bykomende 450 miljoen Amerikaanse dollar se militêre hulp verleen in hul stryd teen Rusland se inval. Oekraïnse soldate word reeds opgelei in die gebruik van wapens, onder meer hipermoderne vuurpyl-stelsels. Suid-Afrikaanse politieke kenner, professor Andre Duvenhage sê aan Kosmos 94.1 Nuus die oorlog gaan nog lank duur.