SMEs Compete: Entrepreneurs moet geleenthede aangryp

SMEs Compete is verheug oor die leningsooreenkoms van 2,7 miljard Namibiese dollar wat tussen Namibiese ministerie van finansies en die Duitse regering onderteken is. Die finansiering van projekte is vir klein en medium ondernemings, die ontwikkeling van water-infrastruktuur en die sektor vir hernubare energie. Die ooreenkoms is onderteken deur die minister van finansies Ipumbu Shiimi en die Duitse ambassadeur in Namibië, Herbert Beck. Danny Meyer van SMEs Compete sê die Namibiese entrepreneurs moet van hierdie geleenthede gebruik maak. Volgens 2018 se arbeidsmag-opname staan Namibiese jeugwerkloosheidsyfer op 46,1 persent. Meyer gesels met Kosmos 94.1 Nuus.