Eskom is ‘n nasionale gevaar

Die Wes-Kaapse LUR vir Plaaslike Regering, Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning, Anton Bredell, sê daar is ‘n gekoördineerde rampbestuursbenadering nodig wat die huidige situasie by Eskom betref. Hy het in hierdie verband aan die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, geskryf. Bredell sê totdat Eskom sy arbeidskwessies oplos, kan gereelde en hoë beurtkragvlakke verwag word. Hy sê Eskom is op die oomblik ‘n nasionale gevaar.