Brittanje moet baie beter kyk na sy burgers in Hongkong

China herdenk vandag 25 jaar van beheer oor Hongkong en het ‘n nuwe uitvoerende hoof John Lee, vandag aangestel. Brittanje het die stad teruggegee aan China in 1997 maar, daar was ‘n verdrag wat onderteken is dat China die stad se vryheid vir ten minste 50 jaar waarborg. Dit het nie gebeur nie. Mark Clifford, die president van die Komitee vir Vryheid in Hongkong, sê Brittanje moet beter doen vir sy landsburgers in die stad.