Ekoloog stem saam met Shifeta oor bewaringsgebiede

Reaksie word ontvang oor aanmerkings deur die Namibiese omgewingsminister Pohamba Shifeta oor wanbestuur en stropery in bewaringsgebiede. Hy het melding gemaak van sindikaatagtige gedrag deur bestuurslede van die gebiede. Dr. Peter Cunningham ‘n plaaslike ekoloog sê hy stem saam, maar die regering moet ook die regte ding doen.