Eskom en vakbonde stamp steeds koppe

Die Nasionale Mynwerkersvakbond sê vakbonde en Eskom stamp steeds koppe oor ‘n loonooreenkoms, ondanks Vrydag se pogings by die Sentrale Bedingingsforum. Die hoofsekretaris van NUM, William Mabapa, sê Eskom het ‘n verhoging van sewe-persent aangebied terwyl die vakbonde meer as 10 persent eis. Onderhandelings het in Mei begin. Mabapa sê vakbonde hoop op ‘n positiewe uitkoms tydens loononderhandelings Dinsdag: