Amptenaar raak flou tydens ondervraging oor vermiste geld

Vanuit Nigerië word berig dat die voorsitter van die Huis van Verteenwoordigers-komitee oor die Niger-delta-ontwikkelingskommissie, Olubunmi Tunji-Ojo, vanuit die posisie bedank het. Dit kom na hy groot opslae veroorsaak het toe hy flou geraak het tydens ‘n openbare sessie waar hy moes antwoord gee oor vermiste fondse. Meer as 536 miljoen naira, of net meer as 20 miljoen Namibiese dollar, is blykbaar gesteel. Die Niger-delta het baie groot omgewingsprobleme wat oliestortings, korporatiewe ontbossing, verlies aan biodiversiteit en dus, armoede insluit, en die kommissie is aangestel om die kwessies aan te spreek. Die video waar hy bewusteloos raak is wyd op sosiale media gedeel.