Black Business Leadership sê Grove Mall moet aan Namibiërs verkoop word

Die Black Business Leadership-netwerk in Namibië het hom sterk uitgespreek teen onlangse berigte dat Grove Mall aan Zimbabwiese beleggers verkoop sal word vir 1,8 miljard Namibiese dollar. Eliphas Simon, die uitvoerende hoof, sê Zimbabwiërs het ook die ondergang van die SME Bank veroorsaak en dat Namibiërs die geleentheid gegun moet word om aandele in Grove Mall te bekom.