Eskom berei voor vir battery-stelsel

Eskom sê hy is in die finale stadium van vóór-kontrak onderhandelings vir die ontplooiing van die eerste fase van sy battery-energiebergingstelsel. Die projek ter waarde van sowat 5 miljard Suid-Afrikaanse rand is op die verlaging van koolstofvrystellings gemik. Eskom se uitvoerende hoof, André de Ruyter, was die week in Washington DC waar hy vergaderings gehad het met die Wêreldbank, wat ‘n befondser van die projek is. Die kragvoorsiener beoog om tydens Fase Een batterykapasiteit by agt terreine in werking te stel.