Afrika se CDC ontvang Paxlovid

Afrika se top-agentskap vir openbare gesondheid het ‘n memorandum van verstandhouding met Pfizer onderteken om voorrade van Paxlovid-pille na die vasteland te bring. Data toon dat Paxlovid byna 90 persent doeltreffend is in die voorkoming van hospitalisering en sterftes as gevolg van Covid. John Nkengasong, hoof van die Afrika-sentrum vir siektebeheer en -voorkoming sê hulle onderhandel steeds met Merck oor die verkryging van voorrade van sy molnupiravir COVID-pil.