Werkgewersvereniging weet nie dat vakbond vies is nie

Reaksie word ontvang op die stelling van die Namibian Revolutionary Transport Union se sekretaris-generaal Petersen Kambinda, wat sê hulle sal voortgaan met ‘n staking in die vervoerbedryf as nie aan al hul eise voldoen word nie. Kommunikasie met die Namibiese Werkgewersfedereasie se sekretaris-generaal, Daan Strauss, het reeds op 8 Februarie begin oor uitdagings in die bedryf maar die vakbond sê daar is nie aan al hul eise voldoen nie. Strauss het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.