Esau het oor bankrekenings gelieg

Die Namibiese aanklaer-generaal Martha Imalwa het weer dokumente in verband met die Fishrot-saak, wat nou deur regter Kobus Miller aangehoor sal word, ingedien by die hof. Volgens Imalwa het verskeie van die beskuldigdes nie hulle bankrekenings en gepaardgaande rekords aan owerhede verklaar nie. Die voormalige minister van visserye, Bernhardt Esau, is na wat beweer word, die grootste sondebok in die verband. Hy het twee rekenings en verskeie bates nie verklaar nie. Imalwa sê in haar stukke Esau het 920 000 Namibiese dollar uit die rekening laat trek tussen 25 November en 1 Desember. Hy is op 23 November gearresteer. Die fondse is gebruik om verskeie munisipale rekenings te betaal, kruideniersware en dierevoer aan te koop sowel as om polisse te betaal. Net meer as 162 000 dollar is aan ‘n onbekende rekening oorbetaal en die ondersoek duur voort. Esau het nog ‘n rekening met ‘n balans van meer as 462 000 dollar ook nie verklaar nie.