Slagpryse kan styg as gevolg van reën

Goeie neerslae in verskeie dele van die land kan ‘n impak hê op slagpryse van veral bees. Vleis-inflasie is reeds op ongeveer 11 persent en nie net uitvoervleis sal geraak word nie. Op die oomblik is die pryse wat deur Namibiese uitvoer-abattoirs aangebied word redelik gemiddeld maar, sou boere weer kudde terughou as gevolg van goeie reën, kan die pryse weer styg, soos die plaaslike onafhanklike landbou-kenner Wallie Roux, verduidelik.