Ivanka moet kom gesels oor 6 Jan. aanval

Die huiskomitee wat die aanval op die Amerikaanse kongresgebou ondersoek, vra oudpresident Donald Trump se dogter, Ivanka, om vrywillig saam het die ondersoekspan te werk. Die komitee se voorsitter, Bennie Thompson, sê volgens getuienis het lede van die Withuis se personeel talle kere Ivanka se hulp ingeroep om in te gryp en Trump te oortuig om op te tree teen die voortslepende wetteloosheid en geweld in Capitol Hill. Hulle wil haar ondervra oor haar pa se plan om die sertifisering van die verkiesingsuitslae te stop, en sy reaksie op die aanval op die kongresgebou, onder andere vertragings om die nasionale wag te ontplooi.