ErongoRed kry toestemming vir verhoging

Die Elektrisiteit Beheerrrad het toestemming aan ErongoRed gegee vir ‘n verhoging van 1,7 persent vanaf Julie vanjaar tot Junie 2022. Volgens ErongoRed se uitvoerende hoof, Fessor Mbango was die aansoek genoodsaak omdat NamPower se tarief met tussen 1 dollar 65 sent en 1 dollar 69 sent per kilowatt opgeskuif het vir die finansiële jaar. Mbango het bygevoeg dat dit die eerste prysverhoging is in twee jaar. Kwesbare lede van die gemeenskap, soos pensioenarisse, sal steeds hulle voordele geniet en sekere dienste sal gratis of gesubsidieer wees.