Texas aborsie-wet in die hof gedaag

Die Biden-administrasie het ‘n formele aansoek in ‘n federale hof gebring om die nuwe aborsie-wet in Texas, bekend as SB8, ter syde te stel. Merrick Garland, die Amerikaanse prokureur-generaal het vroeër gesê die departement van justisie sou so ‘n aansoek bring. Dit is as ‘n dringende aansoek gebring en vra dat die wet opgehef word terwyl die hof die aansoek se regsargumente oorweeg. Die nuwe wetgewing maak alle aborsies, selfs na verkragting onwettig na ses weke se swangerskap. Die goewerneur van die deelstaat Greg Abbott het vroeër gesê hy sal verkragting in sy staat uitwis. Maar daar word skerp kritiek daarteen uitgespreek omdat daar meer as 5 300 sake se DNS-toetse uitstaande is. Van die toeste is reeds amper tien jaar uitstaande en na die tydperk verjaar die klag en verval outomaties.