Demokrasie is uiters belangrik en moet beskerm word

Vandag is die Internasionale Dag vir Demokrasie, wat die geleentheid gee om die stand van demokrasie in die wêreld in oënskou te neem. Die VN se Algemene Vergadering het die dag die eerste keer in 2007 verklaar. Die VN het in sy resolusie om die Internasionale Dag vir Demokrasie te vestig, gesê hoewel demokrasieë gemeenskaplike kenmerke het, is daar nie ‘n eenvormige model vir demokrasie nie en behoort dit nie aan enige spesifieke land of streek nie. Die VN sê demokrasie is tegelykertyd ‘n proses én ‘n doelwit. Frederico Links ‘n navorser by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing demokrasie neem af, veral op die vasteland.