Erongo-polisie het dagga-uitdagings

Die Namibiese polisie in die Erongo-streek blyk om groot uitdagings met dagga te hê. Week op week is daar beslagleggings van die dwelm in Mondesa, Swakopmund. Die naweek was nie anders nie en volgens die weeklikse misdaadverslag is vyf persone in hegtenis geneem oor die naweek vir die besit van dagga. Hoeveelhede verskil met dwelms te waarde van tussen 200 en amper 5 000 dollar wat gevind is. Dit wil voorkom dat in al vyf die gevalle, die verdagtes handel in die dwelm gedryf het. Intussen het die kabinet opdrag gegee dat ‘n ondersoek uitgevoer moet word oor dagga in die Namibiese gemeenskap na die gesondheidsministerie voorleggings ontvang het oor die wettiging daarvan.