Korona-beveslraad moet ontbind word – IRR

Die Instituut vir Rasseverhoudings in Suid-Afrika sê die Nasionale Koronavirus Bevelsraad is ‘n arm van ‘n korrupte staat, en die Digital Vibes-skandaal is maar een aanduiding van die vlak van wanadministrasie. Die instituut het verlede week ‘n petisie begin waarin gevra word dat die raad ontbind word. Gabriel Crouse van die instituut sê die raad is onreëlmatig saamgestel. President Cyril Ramaphosa het aanvanklik gesê die Bevelsraad sal besluite neem, maar later op sy woord teruggegaan en gesê die raad sal slegs aanbevelings maak. Crouse sê dit is ondanks bewyse van sy bevindings oor hoe burgers leef en sake doen.